Rust is 'n stelsel-programmeertaal geborg deur Mozilla Research, wat dit beskryf as 'n "veilige, konkurrente, praktiese taal". Dit ondersteun funksionele en imperatief-prosedurele paradigmas. Rust is sintakties soortgelyk aan C++, maar sy ontwerpers beoog om beter geheueveiligheid te bied terwyl prestasie behou word. Rust is 'n oopbron programmeertaal. Die ontwerpers het die taal verfyn deur die ervarings van die skryf van die Servo webblaaier uitlegenjin, en die Rust samesteller. 'n Groot deel van huidige bydraes tot die projek is van gemeenskapslede. Rust het eerste plek gewen vir "most loved programming language" in die Stack Overflow Developer Survey in 2016 en 2017.
Developed by StudentB